Monday, August 4, 2014

Vorige Eksamens

Hi julle

In voorbereiding vir die rekordeksamen en eindeksamen, hier is al die vorige eksamens wat ek kon in die hande kry (insluitende julle Junie eksamen), met memo's.

Onthou dat die mense wat die eksamens opstel baie lief is om vrae uit vorige eksamens uit te vat en te herhaal, soms net bietjie verander.  So hierdie is die absolute beste manier om voor te berei vir die prakties!

Click op die links om hulle te download:

November 2011
2010
2011
2012
2013
Junie 2014

Wednesday, June 18, 2014

Junie Eksamen Prakties

Hi julle.

Soos ek netnou in my boodskap gesĂȘ het, daar is aanbeveel dat ons nie nou al eksamen skryf oor databasisse nie.  Ek is ook in kontak met Study Opportunities om te hoor oor twee hoofstukke wat laasjaar nooit by die skool uitgekom het nie (juis oor databasisse), so dan kan ons dit deeglik deurwerk in die vakansie en volgende kwartaal.

So hier is die afbakening dan vir Vrydag se eksamen:
  1. Basiese Delphi programmerings vaardighede (basiese verwerkings, funksies, prosesse, soos in Graad 11 bespreek).
  2. OOP - Skep `n klas volgens voorgeskrewe spesifikasies.  Skep objekte uit die klas uit.
  3. Basiese probleemoplossing m.b.v. tekslĂȘers (soos in Gr11).
 Wat die tekslĂȘers aanbetref.  Gaan kyk na die videos hier onder vir goeie, praktiese voorbeelde:

https://www.youtube.com/watch?v=VM0o5IUo9RM
https://www.youtube.com/watch?v=oUE4If9rTqM

As julle vrae het, kontak my.

Sterkte, en lekker leer!

Tuesday, March 25, 2014

Delphi Videos

Hi julle

Daar is `n ou wat amazing Delphi hulp videos op YouTube publiseer.  Gaan kyk, veral vir voorbereiding vir Donderdag!  Hier is die links:

M.R. Long se YouTube Page

User Defined Objects Part 1
User Defined Objects Part 2
User Defined Objects Part 3
User Defined Objects Part 4

Die 4 videos dek alles wat julle nodig het vir Donderdag.  Onthou net, soos met alles in Delphi is dit nie die videos en goed wat julle gaan laat slaag nie; dis om dit te vat en prakties toe te pas.  DOEN DIE AKTIWITEITE!

Sterkte.  Lekker leer, en sien julle Donderdag.

Mnr T.