Soos ons gister gepraat het behels OOP basies dat `n klas gespesifiseer moet word. Die klas is soos die raamwerk waaruit "objects" geskep word. Hy spesifiseer sekere vaste dinge en funksies.
Byvoorbeeld, in gister se illustrasie het ons gepraat van `n klas "kar". Hy bevat instruksies vir hoe om `n kar te laat vorentoe ry, of agtertoe, en om links en regs te draai. Hy spesifiseer ook dat die kar sekere veranderlikes het, soos kleur, maksimum spoed, sulke dinge.
Om `n klas in Delphi te definieer gebruik jy die volgende formaat:
type
TKlasNaam = class {`n Klas genaamd TKlasNaam word gedefinieer
fVeld1 : datatipe; {`n Veranderlike word met die klas geassosieer
fVeld2 : datatipe; {Nog `n klas veranderlike
procedure ProsedureNaam; {`n Prosedure wat met die klas geassosieer word
function FunksieNaam : datatipe; {`n Funksie wat met die klas geassosieer word
end;
var
ObjekNaam : TKlasNaam; {`n Objek van die spesifieke klas word geskep
Nou kan ons sien dat die klas self sekere veranderlikes, prosedures en funksies het. So elke objek van die betrokke klas wat geskep word sal dieselfde veranderlikes, prosedures en funksies hê. Die waardes wat daaraan geheg word sal wel verskil.
No comments:
Post a Comment