Dit is eintlik baie eenvoudig om die data van `n tekslêer in `n array in te lees.
Eerstens, kom ons gestel ons het `n tekslêer wat `n lys name bevat, onder mekaar ingevoeg. Die naam van die tekslêer is "Name.txt".
Ek gaan aanvaar julle weet klaar hoe om seker te maak dat die tekslêer bestaan. (Dis op bl 27 en 28 van die handboek).
Dan moet die tekslêer "Assign" word en "reset" word. Ons doen dit met die volgende kode:
AssignFile(NameLr, 'Name.txt'); {Ons verwys gevolglik na die lêer as "NameLr"
Reset(NameLr);
Daarna moet ons fisies al die name uit die tekslêer uit inlees in die array in. Ons doen dit as volg:
while (NOT EOF(NameLr)) AND (iTelName < MAKSNAME) do
begin
inc(iTelName);
readln(NameLr, arrName[iTelName]);
end;
In die stuk kode hierbo kan ons sien daar is `n veranderlike ("iTelName", `n teller), en `n konstante ("MAKSNAME"), wat die maksimum aantal name bevat wat jy self gespesifiseer het.
Ons kan sien uit reel 1 dat die kode `n lus is wat herhaal totdat OF die einde van die tekslêer bereik is, OF totdat die maksimum aantal name bereik is.
Wanneer die prosedure begin kan ons sien "iTelName" word elke keer met een vermeerder (dis ons teller).
Dan word die inhoud van NameLr ingelees in die Array "arrName" na die posisie met dieselfde waarde as "iTelName". Met ander woorde, in siklus 1 sal die waarde in die tekslêer gelees word na posisie 1, in siklus 2 na posisie 2, in siklus 13 na posisie 13, en so voorts.
Eintlik baie eenvoudig, ne?
No comments:
Post a Comment